Branders van liefde

· Penguin Random House South Africa
E-boek
242
Bladsye
Geskik
Graderings en resensies word nie geverifieer nie. Kom meer te wete

Meer oor hierdie e-boek

Branders van liefde is ’n heruitgawe van twee van haar gewildste romantiese komedies. Op soek na ’n held Kiara Albertyn se bankbalans lyk beroerd, haar ryding is onklaar, sy kry nie ’n held vir haar jongste boek nie ... En dis nie al nie. Haar geheimsinnige buurman lyk dalk soos ’n hunk, het die naam van ’n engel, maar vir Kiara is hy eerder ’n kruising tussen die duiwel en Atilla die Hun. Porselein van staal Toe Sasha saam met Sebastiaan van der Linde op sy ekspedisie Mosambiek toe vertrek, weet niemand sy’s ’n vrou nie. Sy vermom haarself soos ’n man omdat sy tot elke prys móét saamgaan – al weet sy hy sal haar dadelik terugstuur ... of dalk iets meer drasties doen ... soos om haar te vermoor?

Meer oor die skrywer

Chanette Paul pendel tussen twee tuistes: haar oewerhuisie in die Overbergse dorpie, Stanford, waar die man in haar lewe ’n rivierboot bedryf, en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika. Chanette is ’n katliefhebber en smoorverlief op haar dowe kat, Thomas. Sy is ’n leesvraat, ’n onbehendige tuinier en ’n hopelose kok. Sy is lief vir swem en snorkel, en hoop sy sien eendag ’n meermin.

Gradeer hierdie e-boek

Sê vir ons wat jy dink.

Lees inligting

Slimfone en tablette
Installeer die Google Play Boeke-app vir Android en iPad/iPhone. Dit sinkroniseer outomaties met jou rekening en maak dit vir jou moontlik om aanlyn of vanlyn te lees waar jy ook al is.
Skootrekenaars en rekenaars
Jy kan jou rekenaar se webblaaier gebruik om na oudioboeke wat jy op Google Play gekoop het, te luister.
E-lesers en ander toestelle
Om op e-inktoestelle soos Kobo-e-lesers te lees, moet jy ’n lêer aflaai en dit na jou toestel toe oordra. Volg die gedetailleerde hulpsentrumaanwysings om die lêers na ondersteunde e-lesers toe oor te dra.