Die Davelvroue 03: Annabella

· Penguin Random House South Africa
電子書
198
符合資格
評分和評論未經驗證  瞭解詳情

關於本電子書

Sonder István Bethlen sal sy nooit volledig Annabella Davel kan wees nie. Net ’n leë dop, sonder koers, sonder betekenis. En sy hét hom verloor, dié geheimsinnige sigeunerviolis wat haar so volledig aangevul het toe sy tjello gespeel het, haar so volledig vrou laat voel het. Aan die konservatorium op Stellenbosch sal sy musiek studeer, maar haar hart is in Pretoria, in Orange Hall, in Burgerspark … dáár waar sy hom leer ken het. En toe sy praatjies hoor dat hy ’n adellike op vlug is, doodgeskiet is in Amsterdam, weet sy dat sy nooit weer tjello sal speel nie. Watter sin het musiek hoegenaamd? Watter betekenis het haar léwe?

Die Davelvroue bestaan uit sewe boeke: Tamara, Willemien, Annabella, Deborah en Isabelle, Maryn en Fleur. Die reeks, wat in 2006 verskyn het, word nou heruitgegee op aandrag van lesers. Benewens die kwessie van vroue se bemagtiging, spreek Die Davelvroue ook eg Suid-Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse geskiedkundige kwessies op subtiele wyse aan, alhoewel die genre steeds fokus op vroue se belewing van die liefde.

Annabella (1922/1923, Tamara se oudste dogter) het die verkrygingvan vrouestemreg as tema. Die vraag hier is: Wat gebeur as ’n vroutwee groot passies in haar lewe het — stemreg vir vroue en haarmusiekstudies — én sy moet kies tussen twee uiteenlopende mans? Die een is in ’n posisie om die saak van stemreg te bevorder en dieander een is ’n briljante violis wat haar hart in die holte van sy handhou, maar vrede het met vrouestemreg.

關於作者

Chanette Paul pendel tussen twee tuistes: haar oewerhuisie in die Overbergse dorpie, Stanford, waar die man in haar lewe ’n rivierboot bedryf, en haar skryfplek naby die suidelikste punt van Afrika. Chanette is ’n katliefhebber en smoorverlief op haar dowe kat, Thomas. Sy is ’n leesvraat, ’n onbehendige tuinier en ’n hopelose kok. Sy is lief vir swem en snorkel, en hoop sy sien eendag ’n meermin.

為這本電子書評分

歡迎提供意見。

閱讀資訊

智慧型手機與平板電腦
只要安裝 Google Play 圖書應用程式 Android 版iPad/iPhone 版,不僅應用程式內容會自動與你的帳戶保持同步,還能讓你隨時隨地上網或離線閱讀。
筆記型電腦和電腦
你可以使用電腦的網路瀏覽器聆聽你在 Google Play 購買的有聲書。
電子書閱讀器與其他裝置
如要在 Kobo 電子閱讀器這類電子書裝置上閱覽書籍,必須將檔案下載並傳輸到該裝置上。請按照說明中心的詳細操作說明,將檔案傳輸到支援的電子閱讀器上。