Elizabeth Wasserman is ’n patoloog bekend vir haar gewilde kinderboekreekse Speurhond Willem, Anna Atoom en die Elf dae-reisavonture vir tieners. Haar werk is met die MER-prys, ’n ATKV-Woordveertjie en ’n prys van die akademie vir wetenskap en kuns vereer. Sy woon en werk in Kaapstad.