Annelie Botes se afsterwe op 12 Desember 2024 het die einde van ân era ingelui. ân Era van byna meer as twee dekades waarin sy gedagtes, opinies en insigte oor die lewe met ân toegewyde lesersgehoor gedeel het. Vir Afrikaanse lesers was haar weeklikse rubrieke ân bron waaruit hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wÃĒreld en om inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer. Die rubrieke in hierdie bundel het van 2020 tot 2024 verskyn en volg op Voetstoots, ân keur van Annelie se rubrieke tussen 2006 en 2020. Vir die menigte lesers vir wie Annelie se stem oor die jare ân vertroude instelling geraak het, is haar menings ân besielende kleinood waarheen hulle meermale sal terugkeer om woorde te vind wanneer dit in hul eie stemme ontbreek. Hierdie bundel is ân versameling kantaantekeninge tydens tydperke van ingrypende inkeer en verlies. Ook betrag sy haar persoonlike geskiedenis en gesinslewe met humor en deernis en lewer vlymskerp kommentaar op Suid-Afrika se realiteite. In Maart 2020 het die Covid-19-pandemie die wÃĒreld getref â bunkertyd in Annelie se taal. In haar wÃĒreld was die tyd van korona ân voorspel tot haar eie finale periode van aflegging, siekte, amputasie en uiteindelik, die onvermydelike seisoen van âdie engele met raspervlerkeâ.