Laastegoed: Rubrieke 2020–2024

· Penguin Random House South Africa
電子書
384
符合資格
評分和評論未經驗證  瞭解詳情

關於本電子書

Annelie Botes se afsterwe op 12 Desember 2024 het die einde van ’n era ingelui. ’n Era van byna meer as twee dekades waarin sy gedagtes, opinies en insigte oor die lewe met ’n toegewyde lesersgehoor gedeel het. Vir Afrikaanse lesers was haar weeklikse rubrieke ’n bron waaruit hulle mildelik geskep het om sin te maak van die wêreld en om inspirasie te vind sodat hul eie skale kon balanseer. Die rubrieke in hierdie bundel het van 2020 tot 2024 verskyn en volg op Voetstoots, ’n keur van Annelie se rubrieke tussen 2006 en 2020. Vir die menigte lesers vir wie Annelie se stem oor die jare ’n vertroude instelling geraak het, is haar menings ’n besielende kleinood waarheen hulle meermale sal terugkeer om woorde te vind wanneer dit in hul eie stemme ontbreek. Hierdie bundel is ’n versameling kantaantekeninge tydens tydperke van ingrypende inkeer en verlies. Ook betrag sy haar persoonlike geskiedenis en gesinslewe met humor en deernis en lewer vlymskerp kommentaar op Suid-Afrika se realiteite. In Maart 2020 het die Covid-19-pandemie die wêreld getref – bunkertyd in Annelie se taal. In haar wêreld was die tyd van korona ’n voorspel tot haar eie finale periode van aflegging, siekte, amputasie en uiteindelik, die onvermydelike seisoen van “die engele met raspervlerke”.

關於作者

Annelie Botes (28 Junie 1957–12 Desember 2024) was een van Afrikaanse se gewildste roman-, kortverhaal-, reis- en rubriekskrywers. Romans soos Trippel sewe, Klawervier, Raaiselkind, Thula-Thula, Swart op wit en Katvis het uit haar pen verskyn. Sy het vir meer as twee dekades rubrieke vir verskeie publikasies gelewer. Annelie se werk is wyd vertaal en verskeie literêre pryse is aan haar toegeken

為這本電子書評分

歡迎提供意見。

閱讀資訊

智慧型手機與平板電腦
只要安裝 Google Play 圖書應用程式 Android 版iPad/iPhone 版,不僅應用程式內容會自動與你的帳戶保持同步,還能讓你隨時隨地上網或離線閱讀。
筆記型電腦和電腦
你可以使用電腦的網路瀏覽器聆聽你在 Google Play 購買的有聲書。
電子書閱讀器與其他裝置
如要在 Kobo 電子閱讀器這類電子書裝置上閱覽書籍,必須將檔案下載並傳輸到該裝置上。請按照說明中心的詳細操作說明,將檔案傳輸到支援的電子閱讀器上。