Moles is nie ongekend op Verlatenfontein nie. Moord ook nie. Inteendeel. Die Strandveld loop dik van die stories. Veral stories oor Verlatenfontein en die tyd toe die Brewisse daar gebly het. Oor Bert Brewis en sy humeur en oor sy beeldskone Engelse vrou. Ook oor hulle twee dogters โ die oudste te vaal om hubaar te wees, die jongste โn bottende skoonheid. En oor die woede wat so sterk deur die gene van hierdie luisterryke, vooraanstaande familie loop. Ras Erasmus ken feitlik elkeen van hierdie Verlatenfontein-stories soos oorvertel deur sy ouma Kate. Op haar doodsbed laat sy hom drie beloftes aflรช. Die kans doen hom voor om hierdie beloftes na te kom toe hy โn kwotasie moet uitwerk vir die restourasie van die opstal op Verlatenfontein nadat dit vir die vierde keer in honderd en twintig jaar net halfpad afbrand โ raaiselagtig genoeg, telkens op โn
betekenisvolle datum. Maar hy het nie rekening gehou daarmee dat daar โn huurpag op โn gedeelte van die plaas bestaan nie. Die huurpag is duur gekoop โ nie soseer met geld nie, maar met โn veel duurder kommoditeit. Eers toe Georgie Rabie Verlatenfontein toe moet vlug nรก โn twiet wat haar baie suur bekom het, hoor sy wat die ware storie is agter
die huurpag wat haar peetma hou. โn Huurpag waaragter Ras Erasmus aan is, en nie net hy nie.