Verbrande paradys

· Penguin Random House South Africa
Rafbók
432
Síður
Gjaldgeng
Einkunnir og umsagnir eru ekki staðfestar  Nánar

Um þessa rafbók

’n Stuk rots, tien kilometer in deursnee, tref die aarde teen veertigduisend kilometer per uur. ’n Paar jaar lank hang die wolk van klip en puin nog in die atmosfeer. Die grootste brand tot nog toe … Maar dit was nie die laaste brand in die Vredefortkoepel nie. Tweemiljard jaar later staan Sybrand Venter verslae na die gevolge van hulle nalatigheid en kyk. Hulle wou net rook, hulle het gedink die vuur in die kort gras is dood … Toe hy klein was, het Sybrand geglo die krater is soos ’n nes wat die Koepelaars teen die wrede wêreld daarbuite beskerm. Hy het nie geweet net een klip kon alles uitmekaar ruk nie. ’n Klip soos sy pa se dood. Wat sonder waarskuwing soos ’n meteoriet in die lewens van die Venters, die Spogters en die Nels ingeplof het. En Sybrand wéét, hierna sal niks op Eden ooit weer dieselfde wees nie …

Um höfundinn

Hans du Plessis is ’n navorser, akademikus en skeppende skrywer. Afgesien van verskeie akademiese boeke en artikels debuteer hy in 1978 as skeppende skrywer met die digbundel Kleinwild. Hierna verskyn digbundels, jeugverhale rubrieke en volwasse romans; hy is egter veral bekend vir sy Griekwa-gedigte wat in die bundels Innie skylte vannie Jirre, Boegoe vannie liefde en Karos orie dyne verskyn. Sedert die vroeë negentigerjare word sy jeugboeke vir skole voorgeskryf en twee van sy historiese romans is in Nederlands vertaal. Hy word vir sy skryfwerk bekroon met onder andere die CR Swart-prys vir tienertoneel, die ATKVkinderboekprys, ’n erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die CBSA-prys vir algemene Christelike literatuur.

Gefa þessari rafbók einkunn.

Segðu okkur hvað þér finnst.

Upplýsingar um lestur

Snjallsímar og spjaldtölvur
Settu upp forritið Google Play Books fyrir Android og iPad/iPhone. Það samstillist sjálfkrafa við reikninginn þinn og gerir þér kleift að lesa með eða án nettengingar hvar sem þú ert.
Fartölvur og tölvur
Hægt er að hlusta á hljóðbækur sem keyptar eru í Google Play í vafranum í tölvunni.
Lesbretti og önnur tæki
Til að lesa af lesbrettum eins og Kobo-lesbrettum þarftu að hlaða niður skrá og flytja hana yfir í tækið þitt. Fylgdu nákvæmum leiðbeiningum hjálparmiðstöðvar til að flytja skrár yfir í studd lesbretti.