Gekoopte leuens

· Penguin Random House South Africa
Ebook
234
Pages
Eligible
Ratings and reviews aren’t verified  Learn More

About this ebook

Kalli Krynauw, die forensiese psigofisioloog wat lesers in Donker leuens leer ken het, is terug. Die teisterende drome ook, maar hierdie keer droom sy van bloed. Want daar is bloed, te veel daarvan. En lyke. En liefde.

Sy bevind haar in die skilderagtige boslandskap rondom Pelgrimsrus in ’n luukse vakansieoord, aanvanklik net as geselskap vir haar modelsuster, Madelein, wat die nuwe gesig van ’n bekende skoonheidsreeks is. Maar die oggend ná ’n spoggerige funksie by die oord het Madelein soos ’n groot speld verdwyn en Kalli word verdink dat sy iets daarmee te doen gehad het.

Is daar weer dwelms betrokke? En is dit steeds die kartelbaas Bololo se werk? Werk die polisie en die hof saam met die misdadigers of die slagoffers? Dit is wat Kalli met haar leuenverklikker in hierdie vasbytervaring moet vasstel. Maar soms is ’n leuenverklikker nie genoeg nie.

En hoe is Brink, die man wat steeds Kalli se hart in sy hande hou, by hierdie saak betrokke – hy met die staalblou oë, die kierie en die deursettingsvermoë wat vir niks stuit nie?

About the author

Lien Roux-de Jager het die afgelope vier jaar in Mafikeng gewoon, waar haar man aan die Noordwes-universiteit gedoseer het. ’n Verrykende ervaring. Sy is nou terug in Pretoria en as alles eers op sy plek is, sal die sleutelbord weer volstoom klik. Haar man is haar klankbord en haar kinders haar eerlike kritici. As ’n storie in ’n drif vasval, kerf sy dinge uit hout – eende, visse, skilpaaie, uile, olifante, slange, krokodille en etniese beeldjies. Sy probeer hard om fiks te bly, soms ’n verlore stryd as die storielyn dringend raak. Buiten skryf, is sy ’n kompulsiewe leser van al wat ’n storie is. Sy skryf ook spanningsverhale, kortverhale, kinderverhale en historiese romans.

Rate this ebook

Tell us what you think.

Reading information

Smartphones and tablets
Install the Google Play Books app for Android and iPad/iPhone. It syncs automatically with your account and allows you to read online or offline wherever you are.
Laptops and computers
You can listen to audiobooks purchased on Google Play using your computer's web browser.
eReaders and other devices
To read on e-ink devices like Kobo eReaders, you'll need to download a file and transfer it to your device. Follow the detailed Help Center instructions to transfer the files to supported eReaders.