Prinses Carla von Starrenberg kom in die geheim aan, vasberade om haar verlore broer, kroonprins Frederick, te vind en te bevry uit die kloue van haar tiraniese oom, Franz von Starrenberg. Maar die strate van die Kaap hou meer gevaar in as wat sy ooit kon voorsien.
Wanneer gemaskerde mans hul koets in ’n dodelike lokval lei, is dit net die ingryping van die geheimsinnige Buiter wat haar en haar dienares red. Agter die masker skuil graaf Jean de Moreaux, ’n man wat sy rustige lewe prysgee om teen die nag se onreg te veg.
Sy pad kruis met die meedoënlose Arnoldt te Kruyght en die gevreesde swaardvegter Michael Leeuwberglanz, agente van Franz wat geen genade ken nie. Elke ontmoeting trek die Buiter en Carla dieper in ’n web van marteling, verraaiery en gevaar, totdat ’n laaste konfrontasie hulle almal dwing om alles te waag.
Kettings, vlamme en bloed word die toets vir moed en lojaliteit. Net in die duisternis kan die waarheid ontbloot word en net die sterkste sal oorleef.
’n Historiese avontuur vol romanse, spanning en swaardgevegte, waar elke nag ’n stryd is om liefde, eer en oorlewing.
GERRIT LUBBE VAN ZYL - (GERRIE RADLOF)
Gerrit Lubbe van Zyl, wat veral onder die skrywersnaam Gerrie Radlof skryf, is op 27 November 1923 op Clanwilliam gebore. Hy voltooi sy hoërskoolloopbaan aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. Hy skryf verskeie gewilde Afrikaanse aksieverhaal reekse, vir beide volwassenes en die jeug. Van sy reekse sluit in die Buiter reeks, Oloff die Seerower reeks en die Ramala reeks. Hy lewer ook bydraes tot die die S.A. Polisie reeks en die Swerwerspeurder reeks. Onder die skuilnaam Dirk Lubbe skryf hy die Profeet spioenasie reeks. Radlof is ook die skepper van die gewilde held van die fotoboeke, Mark Condor en die Saboteur fotoverhaal reeks.
Na skool in die Kaap werk hy by die Homes Trust versekeringsmaatskappy as aktuariële klerk en loop buitemuurse klasse aan die Universiteit van Kaapstad. Hy bedank dan om vir twee jaar as tabakboer in Rhodesië te gaan werk. Die boerdery is nie suksesvol nie en hy keer terug na die Kaap en werk weer by Homes Trust, terwyl hy deeltyds begin om avontuurverhale te skryf, om meer geld te verdien. Hy begin later voltyds skryf en werk onder andere as vryskutskrywer by Blaar Coetzee se Goeie Hoop Uitgewery. Vanaf 1956 woon hy in Hantam, die huis in Byronstraat in Tamboerskloof wat deur Boerneef gebou is en lank deur hom bewoon is.
In 1956 ontmoet hy vir Leon Rousseau, wat namens Tafelberg-Uitgewers sy boeke redigeer. Saam begin hulle ’n onderneming deur ’n bankrot persagentskap, Afritopics, te koop. Hulle verander die naam en vestig sodoende die vertaalburo en reklame-agentskap, Uniale Persdiens, waar sy vernaamste bydrae die skryf van boeke is. Na ’n ruk koop Leon hom uit en op sy eie konsentreer hy steeds op sy skryfwerk. Dan verhuis hy na Durban waar hy by Hint Hyman en Boet Hyman se uitgewery as vryskut-scenarioskrywer werk en sy eerste treë in die fotoverhaalgenre gee. Hy keer later weer terug na Kaapstad. Op Maandag 20 September 1971 is hy in ’n motorongeluk naby sy huis by Melkbosstrand in die Kaap oorlede, toe hy laat in die aand in ’n boom vasry. As een van SA se top skrywers is Gerrie Radlof se boeke vandag nog in groot aanvraag.
(Info obtained from Wikipedia).
https://www.softcoverbooks.co.
One of my lifelong passions is writing short stories, as well as editing and republishing the works of renowned authors, ensuring that these exceptional stories are rediscovered and enjoyed by a new audience.