’n Koninkryk is op die rand van totale ineenstorting.
Dit is geen gewone seerower aanval nie... dit is ’n daad van hoogverraad.
Ontdek die Goue Era van Seerowery (1690-1720), waar die verraderlike waters van die Kaap die Goeie Hoop slegs die aanvang is van ’n wêreldomvattende avontuur.
In die juweel ryk koninkryk van Sarovia broei daar ’n politieke storm. Wanneer gewetenlose seerowers die koninklike seiljag aanval en geen oorlewendes agterlaat nie, ontsnap die lojale lyfwag Baron Rupert Hesslein wonderbaarlik aan die bloedbad. Moedeloos en desperaat, lê sy enigste hoop om die vermiste koninklikes te red met die een man wat hy weet hy nooit moet vertrou nie. Die legendariese Kaptein Oloff van Wagenaar.
Saam bevind hulle hulle self in ’n skadu wêreld van verraad en swaardgevegte, waar spioene in elke hawe skuil. Soos hulle na die waarheid agter die aanval soek, ontbloot hulle ’n sameswering wat die hoogste vlakke van mag bereik. Een fout sal hulle nie net hul lewens kos nie, dit sal die hele koninkryk tot ewige duisternis onder ’n genadelose tiran verdoem.
Te midde van die gekletter van staal en die gedreun van kanonne, word ’n onwaarskynlike alliansie tussen die soldaat en die seerower gesmee. Om die koning te red moet hulle tot in die hart van gevaar self seil. Maar kan hulle die ware verraaier ontmasker voordat hulle reguit in die vesting van die seerowers instap?
’n Swaardgeveg mengsel van klassieke seerower avontuur en ʼn historiese riller, is hierdie roman volmaakte leesstof vir aanhangers van Patrick O’Brian en vinnige misterie.
Ontdek vandag die een-en-twintigste boek in hierdie meesleurende en onvergeetlike Oloff die Seerower avontuur!